Grey Kollege. “Na maande van spekulasie oor die identiteit van Grey Kollege Sekondêr se elfde skoolhoof sedert 1855, is dit vir die Beheerliggaam ‘n aangename voorreg om vir mnr Braam van Wyk te verwelkom om Grey Kollege Sekondêr die toekoms in te lei.
Braam is ‘n bekende oud-Grey wat self ‘n student aan Grey was. Hy was ook vir 27 jaar ‘n Grey-ouer. Sedert 2009 was hy van tyd tot tyd betrokke met hokkie-afrigting by Grey. Hokkie is ‘n sport waarin hy nasionale erkenning geniet.
Grey Kollege is deel van sy DNA. Hy het ‘n intieme kennis van die skool se geskiedenis, funksionering, tradisies en plek binne die omgewing van Suid-Afrikaanse seunskole.
Daarbenewens is Braam ‘n deurwinterde skoolhoof met meer as 21 jaar ervaring. Hy het ‘n bewese geskiedenis van prestasies in daardie rol. Een van sy uitmuntende prestasies is dat hy St Michael’s vir drie jaar aangevoer het tot ‘n platinum akademiese skool.
Ons sien met groot verwagting uit na Braam se bydrae en leiding om Grey Kollege tot steeds groter hoogtes aan te spoor.
Spesiale vermelding moet ook gemaak word van mnr Ludwig Koekemoer. Hy het met onderskeiding as hoof waargeneem. Hy het ‘n verskil gemaak en ons is dank verskuldig aan hom wat in ware Grey tradisie in die spasie ingestap het toe ons hom nodig gehad het.
Ons sien uit na die volgende era in Grey Kollege se Geskiedenis!
Mnr van Wyk sal op die eerste dag van die nuwe kwartaal formeel aan die onderwysers en die seuns bekendgestel word.” – Mnr Cobus Visser (Voorsitter van die beheerliggaam)
New principal announced
After months of speculation about the identity of the eleventh principal of Grey College Secondary since 1855, it is a pleasant privilege for the Governing Body to welcome Mr Braam van Wyk to lead Grey College Secondary into the future. Braam is a well-known Old Grey who was himself a student at Grey. He was also a parent for 27 years. Since 2009, he has from time to time been involved in Grey hockey coaching. Hockey is a sport in which he enjoys national recognition.
Grey College is part of his DNA and he has an intimate knowledge of the school’s history, functioning, traditions and place within the environment of South African boys’ schools.
In addition, Braam is a seasoned principal with more than 21 years of experience. He has a proven history of accomplishments in that role. The fact that he led St Michael’s for three years as a platinum academic school, is but one of his many accomplishments.
We look forward with great anticipation to Braam’s contribution and guidence to spur Grey College to even greater heights.
Special mention must also be made of Mr Ludwig Koekemoer. He acted as principal with distinction. He made a difference and we are indebted to him who walked into the space in true Grey tradition when we needed him.
We are looking forward to the next era in Grey College’s history!
Mr van Wyk will be formally introduced to the teachers and the boys on the first day of the new term. – Mr Cobus Visser (Chairperson of the SGB)
More school news: https://schoolsthatrock.co.za
https://greycollegesecondary.com/
Foto verskaf