Christopher Terblanche (gr.8) van Grey Kollege Sekondêr, het 20 Februarie ‘n eerste plek behaal in ‘n 120km Uithourit in Bloemfontein wat deur Willows Ride aangebied is.
Hy het dié rit in uitmergelende hitte voltooi op sy perd, Waterlea Sunbird van MC Chamar Arabians.
Christopher het nie net as junior ruiter van die dag geëindig nie, maar hy was ook die algehele wenner met die vinnigste tyd in al die kategorieë!
Foto’s deur Manie Ward en Johanette Photography