Grey Kollege, Bloemfontein, is uiters trots op DJ Liebenberg (o/18) wat tans 4de op die IAAF o/20 wêreldranglys vir gewigstoot is!
Sy nuutste prestasies sluit die volgende in:
1ste plek in gewigstoot met ‘n persoonlike beste en afstand van 18, 56m! Hierdie uitmuntende prestasie plaas hom 4de op die wêreldranglys. Tydens die Vaaldriehoek atletiekbyeenkoms op 6 Maart, verower hy twee eerste plekke in beide gewigstoot met ‘n afstand van 17,62m en diskus met ‘n persoonlike beste en afstand van 47,74m.
Geluk DJ! @dj12of13