Paul Maartens (gr.8) van Grey College het ondersekidelik ‘n 1ste en ‘n 2de plek behaal in ‘n karate “E-kompetisie” gedurende die grendeltydperk.
Die eerste kompetisie was in sy styl (Chu Jin) se nasionale kompetisie, waarin hy goud verwerf het in Kata waarna hy deurgedring na die volgende kompetisie.
Die tweede kompetisie was in Chu Jin se internasionale kompetisie tussen Chu Jin SA en Chu Jin Indië. Hier het hy ‘n tweede plek behaal in Kata.
Veels geluk!