Graad 8’s – Hoërskool Ermelo, in Mpumalanga het hul Groentjies-atletiek op 13 Januarie gehou.
Graad 8’s, beter bekend as “pitte”, het hul heel beste gegee en baie talent getoon. Die Pit-letiek was n reuse sukses te danke aan elke pit se deelname.
Item-wenners van die Groentjies-atletiek was as volg: Luan Greyling (100M & 400M); Marlioné Erasmus (100M & 400M); JJ Erasmus (Gewigstoot & Skyfwerp); Tilana Uys (Gewigstoot); Danisha Badenhorst (Skyfwerp); Thandolwetu Madonsela (Long Jump); Keana Joubert (Verspring); WJ Pretorius (Hoogspring); Jani Uys (Hoogspring); Dick Rouillard (Spiesgooi) en Loriesa Swart (Spiesgooi).
Baie geluk aan die deelnemers met julle puik vertonings.
Erries is opgewonde om te sien hoe hulle “pitte” na die beste van hul vermoëns gaan ontwikkel.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto’s verskaf