Op Vrydag, 11 Januarie, het Hoƫrskool Upington se tradisionele Botselkamp afgeskop met heerlike botselkaskenades waar die botsels gewys het watter trotse Uppies hulle alreeds is.
Hulle het gesing, gedans en nadat hulle met die āwit bruidā kennis gemaak het, eers laat aand hulself in hul slaapsakke in die koshuise bevind.
Saterdagoggend het die botsels met hangoĆ« die skoolsaal betree. Hier het hulle hard gewerk aan onder andere die leer van die skoollied, hul botsellied, die āflash mobā asook die botselkonsert.
Die naweek is afgesluit deur ān lekker waatlemoenfees waar die botsels die kans gehad het om die bestuurskommitee te wys hoe hulle kan saamstaan.
Saterdagaand ongeveer 19:00 is elke botsel doodmoeg huis toe as ān WARE Uppie.