Chrizelle Strydom, een van Hoërskool Upington se Gr 12 leerders het tydens die grendeltyd aan die aanlyn dramakompetisie, Dramaweb SA, deelgeneem.
Sy is nasionaal as een van die 10 finaliste in die kategorie Gr11-Gr12 aangewys nadat sy haar oudisie en optrede ‘n sertifikaat met platinum status (bo 90%) ontvang het.
Hierdie opwindende nasionale aanlyn dramakompetisie is deur die bekende aktrise, Ira Blackenberg, en haar man, Waldemar Schults aangebied. Hiermee dring Chrizelle dus deur na die finale rondte vir Dramaweb SA wat komende Saterdag 25 Julie via ZOOM gaan plaasvind.
Baie sterke Chrizelle te midde van die eksamen en toetse, ons is baie trots op jou!