GoJu-Kai Karate Kampioenskappe. Lian Kritzinger, leerder van Grey Kollege, het onlangs aan die GoJu-Kai Karate Kampioenskappe deelgeneem.
Lian het skitterend presteer en die volgende medaljes verower;
- 3 X Goud
- 1 X Silwer
- 1 X Brons
Hy is ook ingesluit in die SA span wat volgende jaar, 7 tot 11 Augustus 2025, in Japan by die Wêreld Kampioenskappe in die Chiba Port Arena gaan meeding. Dit is die agtste Wêreld Kampioenskappe. By hierdie geleentheid word die 75ste verjaardag van JKGA en die 60ste verjaardag van IKGA herdenk. is Die eerste Wêreld Kampioenskappe is in 1993 in Japan die ‘geboorteplek’ van karate, aangebied.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/
https://greycollegesecondary.com/









