Gert Sibande prysuitdeling. Tydens die Gert Sibande-prysuitdeling wat op Donderdag 25 Januarie plaasgevind het, het Hoërskool Ermelo weggestap met ’n hele paar toekennings:
- EHS ontvang ’n toekenning vir drie jaar volgehoue prestasie (2021 se slaagsyfer was 99,1%, 2022 se slaagsyfer 100% en 2023 se slaagsyfer 99,3%).
- Me Elana Fourie en mnr Hennie Dippenaar ontvang die toekenning vir die beste prestasie in Wiskundige Geletterdheid in Gert Sibande streek.
- Raees Tikly en Johan Strauss eindig in die top 30 van Gert Sibande se toppresteerders. Raees eindig in die top vyf en Johan elfde. Hulle het elk onder andere ’n skootrekenaar ontvang.
Beide hierdie leerders gaan medies studeer by verskillende instansies.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za