)

Framesby – Schools That Rock gesels met Thriscka Stapelberg

Framesby. Dit is vir Schools That Rock  ‘n voorreg om ‘n paar vrae te vra aan Thriscka Stapelberg, Onderhoofdogter vir 2022 van Hoërskool Framesby in Gqeberha.

Thriscka, hoe sien jy jou rol as hoofleier van Hoërskool Framesby?

Ek beskou my rol as hoofleier ‘n voorreg en ‘n geleentheid om ‘n verskil te maak in die lewens van ons skool se leerders. As onderhoofdogter van Hoërskool Framesby, word daar na my opgekyk en moet ek ‘n goeie voorbeeld stel van ‘n verantwoordelike, betroubare en bereikbare persoon.

Dink jy dat die maatreëls wat die regering tov Covid-19 vir skole ingestel het voldoende is?

Ja, alhoewel die dra van ‘n masker ‘n groot aanpassing vir ons almal was, het dit ons veilig gehou en meer bewus gemaak van die virus. Buite elke klaskamer het Framesby saniteer-bottels laat installeer en die klaskamers se banke is na elke periode skoongemaak.

Na wie sien jy op vir inspirasie of mentorskap?

Dit mag dalk cliché klink, maar vir inspirasie en mentorskap kyk ek op na my ma.  Sy is ‘n ongelooflike hardwerkende vrou en maak altyd tyd om by alles wat  belangrik is uit te kom.

Watter studierigting beoog jy na skool?

Na skool beoog ek om die mediese rigting te betree, maar ek is nog onseker waarin ek wil spesialiseer.

Dink jy dat Suid-Afrikaanse skole voldoende geleenthede bied vir die studierigting wat jy gaan volg? Waarom?

Ja, ek dink Suid-Afrikaanse skole bied baie geleenthede in die verskeie rigtings waarna ek kyk. Wat die besluit om ‘n studierigting te kies nog moeiliker maak.

Dink jy dat deelname aan sport verpligtend moet wees in skole?

Ek stem saam dat deelname aan sport verpligtend moet wees. Dit is belangrik om jou liggaam aktief en gesond te hou, maar ‘n mens moet ook besef dat niemand dieselfde talente en sportvermoëns het nie. Daarom moet leerders toegelaat word om ‘n buitemuurse sport te beoefen en hul talente daar verder te ontwikkel.

Wat het jy sover die meeste geniet tydens jou skoolloopbaan?

Daar is baie spesiale herinneringe wat ek saam met my na skool sal dra, maar vir my is die beste deel van skool om te sien en te ervaar hoe ons as kinders groei en ontwikkel tot jong volwassenes.

Is jy honderd persent seker van jou studierigting na skool? Verduidelik jou antwoord.

Tans is ek nog onseker oor my studierigting na skool, alhoewel die mediese rigting my fassineer. Daar is ‘n paar opsies waarna ek kyk, maar ek wil eers skaduwerk gaan doen om seker te wees.

Na watter Universiteit beoog jy om volgende jaar te gaan?

As my droom ‘n realiteit word, sal ek graag my studies aan die Universiteit van Stellenbosch wil aflê.

Foto verskaf

Lees meer nuus oor skole:

https://schoolsthatrock.co.za

https://www.framesby.co.za/

Become a Sponsor
  • Related Posts

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

    Leave a Reply

    You Missed

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal