FNB o.16 Meisies-Rugbyweek. 🏉 Elizka la Grange skitter vir SWD op nasionale verhoog!
Elizka la Grange, ’n talentvolle leerder van Hoërskool Punt in Mosselbaai, het naam gemaak as rugbyspeler toe sy SWD verteenwoordig het by die 2025 FNB o.16 Meisies-Rugbyweek. Die rugbyweek is aangebied by Queens High School in Johannesburg van 30 Junie tot 4 Julie.
Met haar dinamiese spel en onwrikbare vasberadenheid het Elizka uitgestaan as ’n ware ster op die veld. Haar briljante vertoning het haar die eer besorg om as Speler van die Wedstryd aangewys te word in SWD se oorweldigende sege teen die Griffons – ’n weghol-oorwinning van 41-5! 🇿🇦
SWD se wedstryduitslae:
- SWD 41 – Griffons 5
- SWD 20 – Limpopo Blue Bulls 27
- SWD 0 – Golden Lions 57
Al was daar strawwe teenstand, het Elizka met elke wedstryd gewys dat sy ’n krag is waarop gereken moet word. Saam met haar spanmaats wag sy nou gespanne op die aankondiging van die o.16 en o.18 Springbokspanne – ’n droom wat dalk binnekort werklikheid kan word.
Hoërskool Punt is ongelooflik trots op jou, Elizka! Jy dra ons naam met trots en hart. Hou so aan!
Lees meer skolenuus hier: https://schoolsthatrock.co.za/
https://www.pointhighschool.co.za/
Foto verskaf
Become a Sponsor








