Vrystaatse Fisiese Wetenskap Konvensie – Agt leerders van Hoërskool Fichardtpark is uitgenooi na die 43ste Vrystaatse Fisiese Wetenskap Konvensie. Hulle was onder die top 50 Graad 11 en 12 leerders wat uitgenooi was. Hulle het die Olimpiade by die Noordwes Universiteit se Potchefstroom-kampus bygewoon.
Tydens hierdie Olimpiade is die leerders ter verryking aan die naskoolse wêreld van wetenskappe blootgestel.
Neil Arlow, Graad 12 en Corno Krause, Graad 11, het uitstekend presteer tydens die Vrystaatse Fisiese Wetenskap Olimpiade. Hulle verower beide tweede plek in hul onderskeie graad-kategorieë. Beide van hul het kontantpryse ontvang. Altwee ontvang ook ‘n R10 000 studiebeurs van Noordwes Universiteit.


Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto’s voorsien
Become a Sponsor








