In 2016 het 14 Diamantveld leerders aan die Spur Schools Bergfiets (MTB) Liga deelgeneem. Ons leerders het uitstekend gevaar en op Maandag 12 September 2016 by die jaarlikse Noord-Kaap Fietsry Prysuitdeling met die troffee as liga wenners weg gestap.

Fietsry groei jaarliks van krag tot krag by die skool asook in die gemeenskap en omliggende skole. Hierdie jaar is daar 10 leerders aangewys om die Noord-Kaap op die Nasionale byeenkoms te Hoërskool Bekker van 7 – 9 Oktober 2016 te gaan verteenwoordig.

spur-schools-bergfietsliga-hoerskool-diamantveld
Sewe leerders van Hoërskool Diamantveld (FOTO HEEL BO) is in die span ingesluit. Baie geluk ook aan Mnr Albie Louw wat aangewys is as afrigter van die span.

Become a Sponsor