Fichies na sjef kompetisie. Vier Verbruikerstudies Fichies het vanjaar ingeskryf in die FBI se Skole Sjef Kompetisie van die jaar.
Hoërskool Fichardtpark is trots op Contessa Janse van Rensburg, Amelia Blignault, Rozaan O’Kelly en Rianke Verster wat almal deurgedring het na die finaal.
Die finaal van die kompetisie gaan plaasvind op 2 Oktober. Vier van die nege finaliste in die Vrystaat is dus uit Hoërskool Fichardtpark.
Hulle gaan meeding in die kompetisie met pryse ter waarde van R300 000.
Ons hou styf duimvas vir julle.
Mag julle ‘n hond uit ‘n bos kook!!