Fichies Klub 1000. Hoërskool Fichardtpark se nie-winsgewende maatskappy. Fichies Klub 1000 se visie is om die skool se belange, op alle terreine, op die hart te dra. Hierdie terreine sluit in werwing van leerders, die ontwikkeling van ‘n koshuis, terreinontwikkeling, asook fondsinsamelingsprojekte, borge en ander finansiële ondersteuning.
Gemeenskapslede en oud skoliere wat ‘n bydrae wil lewer kan ons Fichie bemarker, mnr Morné Durand per epos by bemarking@fpark.co.za kontak.
Die Klub se wapen, wat simbolies uit die skoolwapen kom, met die opkomende son, verteenwoordig die toekomsvisie van Fichies. Hoërskool Fichardtpark glo dat hierdie ‘n opwindende tyd in die skool se bestaan sal wees. In 2024 word Hoërskool Fichardtpark 40 jaar oud, en so sal die Klub ook ‘n belangrike rol speel in hierdie vieringe en mylpaal.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Become a Sponsor








