Hoërskool Fichardtpark, Bloemfontein, is trots op hul 2 oud-leerders, Francois Bester en Stefan Kloppers wat opgang maak in rugby.
Francois is gekies vir die Vrystaat O.20 rugbyspan. Stefan speel tans rugby in Nieu Zeeland waar hy verkies is vir die Suid-Canterbury-span. Hy speel tans vir die Timaru Old Boys span.
Hoërskool Fichardtpark is baie trots op sy rugbyspanne en – spelers. Hulle beskik oor 9 rugbyspanne wat in die A-afdeling van die Vrystaatse Hoërskole Vereniging meeding.
Afrigting vind op ‘n baie hoë vlak plaas. ‘n Somer-program word gevolg in die gimnasium en op die veld met alle ouderdomsgroepe. ‘n Voltydse gimnasium-instrukteur is aangestel in samewerking met afrigters om die seuns te kondisioneer. Alle spanne woon elke jaar ‘n oefenkamp by.
Hul jaarlikste hoogtepunt is die Sportdag wat van die grootste sportdae in sy soort is. Van die beste spanne ding op hierdie dag teen mekaar mee.
Oor die algemeen bied Hoërskool Fichardtpark ‘n wye reeks sportsoorte aan om elke leerder die geleentheid te gee om sy/ haar gunsteling sportsoort te beoefen. Van die gewildste sportsoorte by Fichies is rugby, hokkie, netbal, krieket, pluimbal, atletiek, skiet, skaak, tennis, gholf en cheerleaders.
#fichierugby #voorkeurskool
Meer oor Hoërskool Fichardtpark:
https://schoolsthatrock.co.za/category/other-provinces/freestate/freestate-schools/