Eskom Expo. Michelle Pretorius en Armand Smit, is beide in graad 12 by Hoërskool Strand. Hulle het op 4 Augustus aan die ESKOM-Ekspo vir Jong Wetenskaplikes se Stellenbosch-streekafdeling deelgeneem. Hulle het ‘n silwer medalje vir hul projek, “Fuel Efficiency” verwerf.
Nadine Pretorius en Hanré Coetzee het by dieselfde Ekspo ‘n goue medalje vir hul projek, “UV, Lupus and A Little Bit of Sunshine” verwerf. Hierdie twee graad 9-leerders het ook die prys vir die beste junior projek in die afdeling Biomediese en Mediese Wetenskappe gewen!
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto’s verskaf