)

Erries veg op krieketveld

Hoërskool Ermelo se o/14A-krieketspan het op Maandag, 17 September, teen Hoërskool Secunda te staan gekom. Secunda het eerste gekolf en kon 184/5 in hulle 20 beurte aanteken. Die Erries het goed gekolf, maar kon nie daarby uitkom nie. Erries het hulle 20 beurte afgesluit met 118/8 en verloor dus met 70 lopies. Marko Ferreira staan uit met 51 lopies wat hy aanteken.

Op Woensdag, 19 September, het EHS se dogterskrieketspan teen Hoërskool Hoogenhout van Bethal die stryd aangesê. EHS wen die loot en besluit om eerste te kolf. EHS kolf baie goed en teken 160 lopies in hulle toegelate 20 boulbeurte aan. EHS se beste kolwer is Anke Kruger met 38 lopies.

Hoogenhout kolf tweede en met twee dogters wat vir die senior-provinsiale span speel en uitstekend kolf, teken hulle 161 lopies sonder die verlies van ‘n paaltjie aan. Hoogenhout wen met tien paaltjies.

Die o/15A-span van EHS speel op Vrydag, 21 September teen Hoërskool Piet Retief. Danie Theron (kaptein) het die loot gewen en besluit om eerste veldwerk te doen. Piet Retief het in 50 beurte 239 lopies aangeteken. Uitblinkers met die boulwerk was Zimri Büchling met twee paaltjies en Christiaan Arnoldi, Danie Theron, Arend Fourie, Wian Swart, en Marko Ferreira het elkeen een paaltjie geneem.

Na middagete was die Erries aan die beurt om te kolf, maar kon net 68 lopies aanteken met die verlies van tien paaltjies. Christian Arnoldi behaal 24 lopies van 11 balle en Marko Ferreira behaal ook 24 lopies. Die Erries se o/15A-krieketspan verloor met 171 lopies.

Op Maandag, 24 September, het die Erries se eerste-krieketspan teen Hoërskool Hoogenhout gespeel. Die Erries wen die loot en nooi hul opponente om eerste te kolf. In bloedige warm weer moes die Errie-boulers al vyftig toegelate beurte deur boul en hul teenstanders slaag daarin om 293 lopies aan te teken.

Hierdie telling was helaas te hoog vir die Errie-kolwers en moes hul ‘n groot loesing op die dag aanvaar.

Hoogenhout wen hierdie wedstryd met 237 lopies.

 

Become a Sponsor

Related Posts

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon – Hoërskool Randburg

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon. Randjie-ster skitter op die wêreldverhoog! Tydens die afgelope skoolvakansie het , ‘n vasberade leerder van Hoërskool Randburg, nie net haar skool nie, maar ook haar land met…

Laerskool Stulting Baasdag!

Unicorn roomyse, blink strikdasse en sparklers…  So het Stulting Baasdag gevier, want ons base is magical…  Baie dankie aan Mnr. Cornelius Coetzer (skoolhoof) en Mnr. John Fourie (adjunkhoof) vir die…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal