Op Dinsdag 16 Junie het elf van EHS se kultuurleerders deelgeneem aan die eerste ronde van die Con Spirito-kompetisie. Die Erries het aan ‘n verskeidenheid items deelgeneem en het besonder goed presteer in die onderskeie afdelings.
Johnke Prinsoo is as itemwener aangekondig in die volgende kategorieë: Dramatized poetry English, Prepared Public Speaking English (FAT), Voorbereide Redenaars tweetalig en Gedramatiseerde Poësie. Sy dring deur na die volgende ronde met al dié items, asook met Voorbereide Redenaars Afrikaans (HT).
Chrizanne Joubert presteer ook uitstekend met vier items waarmee sy deurdring na die volgende ronde: Voorbereide Bybellees, Voorbereide lees Afrikaans, Voorbereide redenaars Afrikaans en Onvoorbereide redenaars Afrikaans. Sy word as itemwenner vir die eerste drie items aangewys.
Leandri Viviers word as itemwenner aangewys in drie afdelings: Unprepared reading English, Onvoorbereide Bybellees en Voorbereide redenaars Afrikaans. Sy dring ook deur na die vogende ronde met al drie items.
Met beide Voorbereide en Onvoorbereide redenaars Afrikaans dring Zané du Plessis deur na die volgende ronde.
Isabelle Moussier is announced as item winner in Prepared Reading English and goes through to the next round with this item.
Stella van Niekerk advances through to the next round with Vocals (singing) English with backtrack. She is also the item winner for this item.
Elandri Swart wins the item, Vocals English with self-accompaniment, and goes through to the next round.
Hayley van der Walt word aangewys as itemwenner vir haar Monoloog-item in die Afrikaans Drama kategorie en sy gaan met dié item deur na die volgende ronde.
Baie geluk aan die leerders wat uitstekend presteer het. Hoërskool Ermelo is trots op elkeen wat deelgeneem het en kultuur by die Erries lewendig hou.