[et_pb_section bb_built=”1″][et_pb_row][et_pb_column type=”4_4″][et_pb_text]
Op Maandag 29 Oktober het die graad 12-kunsleerders van Hoƫrskool Ermelo die jaarlikse moderering en uitstalling aangebied.
Deur die loop van die jaar kry die leerders vier temas waar hulle deur ān proses ān finale produk moet maak. Die temas vir 2018 sluit in: boxed beautiful, tyd, reis en ān eksamen-tema van bagasie.
Die leerders voltooi ān bronboek wat as konseptualisering dien. Hierdie proses sluit die verduideliking, eksperimentring en navorsing van die tema in.
Uit hierdie konseptualisering vloei die eindproduk. Elke produk is kreatief en uniek deur die leerders verbind tot die tema en word deur verskei tegnieke en mediums uitgebeeld.
Die uitstalling is ān wonderlike geleentheid om met elke leerder se talente en insette deur die jaar te spog.
Kunstenaars soos me. Sarita Kock wat betrokke is by die Erries se Kunstedepartement help, saam met me. Carin van der Merwe, kunsonderwyseres en self ook ān kunstenaar van formaat, die leerders met finale afronding en leer hulle deur die jaar die kunstegnieke wat in praktyk toegepas word.
SĆ³ ontwikkel die Erries sodat kuns altyd kan groei en ontwikkel.
EHS is trots op die kunsleerders en is dankbaar vir elkeen se harde werk en besondere talent.
[/et_pb_text][et_pb_gallery _builder_version=”3.12.2″ gallery_ids=”19201,19203,19205,19202,19204″ posts_number=”5″ show_title_and_caption=”off” zoom_icon_color=”#007dc2″ hover_overlay_color=”rgba(255,255,255,0.9)” /][/et_pb_column][/et_pb_row][/et_pb_section]