)

Erries spog trots met nog ‘n suksesvolle EHS-Gholfdag

Foto bo: W. Dreyer en A. Croeser wen die dag met 49 punte

Hoërskool Ermelo het op Saterdag, 6 Maart, hul jaarlikse gholfdag met groot sukses aangebied.

Dit is elke jaar ‘n projek wat deur die Errieraad se ouers aangebied word en die gemeenskap se betrokkenheid spreek boekdele oor die positiewe gesindheid teenoor EHS.

Daar was ‘n groot verskeidenheid pryse vir die 160 spelers wat ingeskryf was vir die gholfdag.

Vir die individuele wenners was daar spesifieke pryse:

Naaste aan die pen, putjie vier: André Croeser
Naaste aan die pen, putjie ses: Derek Bouwer
Naaste aan die pen, putjie 14: DC Swart
Naaste aan die pen, putjie 16: Mamba Dumezane

Langste dryf, putjie nege: Chanté Boonstra
Langste dryf, putjie 18: Chanté Boonstra

Hoveelheid gholfballe in houer, nommer 12: Bossie Bosman

Omdat die formaat van die gholfdag ‘n twee-bal-beter-bal was, was die pryse in stelle van twee elk waaruit die wenners self kon kies. Daar is 24 plekke aangekondig, dus het 48 van die spelers pryse gekry. Die wenners van die dag is as volg:

W. Dreyer en A. Croeser wen die dag met 49 punte. In die tweede plek is F. du Plooy en P. van der Merwe met 47 punte. Op hulle hakke volg T. Leibbrandt en P. Leibbrandt ook met 47 punte. In die vierde plek is J. Nkondo en V. Simelane en E. Neveling en L. Velleman neem die vyfde plek in.

T. Leibbrandt en P. Leibbrandt met 47 punte
In die vierde plek is J. Nkondo en V. Simelane
E. Neveling en L. Velleman neem die vyfde plek in

Hoërskool Ermelo bedank elke speler en borg wat bygedra het tot die sukses van 2021 se EHS-Gholfdag. Al die ondersteuning wat EHS onophoudelik ontvang is wat die Erries van krag tot krag laat groei.

Baie geluk en dankie aan die Errieraad en hul ouers met ‘n puik gereëlde funksie. Julle is die toonbeeld van waartoe die Erries in staat is.

Foto’s verskaf

Become a Sponsor
  • Related Posts

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

    Leave a Reply

    You Missed

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal