)

Erries speel wedstryde teen Midstream College

Op Saterdag 9 Maart, het Hoërskool Ermelo te staan gekom teen Midstream College van Olifantsfontein vir vriendskaplike wintersportwedstryde.

Die netbalspanne speel skitterend en sorg vir ‘n oggend gevul met pragspel van beide skole. Die uitslae lyk soos volg: o/14A verloor 11-13; o/14B wen 29-15, o/15A verloor 11-22; o/15B wen 20-8; o/16A verloor 12-15; o/16B verloor 12-14, EHS se tweedespan wen 16-5 en die Erries se eerstespan verloor na ‘n titaniese stryd met slegs een doel: 20-21.

Daar is goeie vordering met die netbal as dit vergelyk word met verlede jaar se uitslae en dié was uitstekende blootstelling ter voorbereiding vir die liga wat om die draai is.

Hoërskool Ermelo se hokkie het uitstekend presteer met 22 doele vir en slegs een teen EHS!

Die o/14A-span wen 7-0. Jaclyn Venter teken vier doele aan en Isabella Burgers, Nathalie Nel en Simoné Jacobsz elk een doel.

Die o/15A-span wen met ‘n telling van 2-0 en hier teken Caylin Loock en Kayla van der Meyden elk een doel aan.
EHS se o/16A-span wen 3-0. Anke de Kock, Anke Kruger en Lana Herholdt teken elk een doel vir dié span aan.

Die tweedespan wen met vyf doele teenoor nul. Jani Hattingh en Sunelle de Bruyn teken elk twee doele aan en Theané Arnoldi een.

Hoërskool Ermelo Calstar Eerstespan dogtershokkie wen 4-0 in ‘n wedstryd waar elke dogter bewys het dat sy haar plek in die span verdien! Yonette Fourie, Simoné Ferreira, Kayla Grobler en Clariz Olivier teken die vier doele aan.

Die eerstespan seunshokkie speel gelykop met een doel vir albei spanne. Japie-Chris Groenewald teken die doel aan.

Op hulle beurt het die rugby van EHS gemengde welslae behaal:

Die o/14A’s verloor ongelukkig met 0-31.
Die o/15A-span stap as oorwinnaars van die veld met ‘n eindtelling van 28-5. CJ van Huyssteen, Msizi Hlophe, Tiaan Grobler en Shile Nkambule druk elk ‘n drie en Diederick van der Walt verdoel al vier drieë.
Die o/16A’s veg hard, maar buig ongelukkig die knie teen Midstream met ‘n eindtelling van 14-22. Dylan Pearce en Lourens Erasmus druk elk een drie en Günther Badenhorst verdoel beide drieë.
Die o/16B-span verloor met ‘n telling van 0-38.
EHS se derdespan wen met 26 punte teenoor vyf. Wandile Madonsela druk twee drieë, terwyl Kenollo Nchela en Zuzu Mabuza elk een druk. Laasgenoemde verdoel ook drie van die drieë.
Die tweedespan verloor naelskraap met 12-17 as eindtelling. Sechaba Manasoe en Chad Coetzee druk elk ‘n drie en Robbie Brown verdoel een drie.
EHS se eerstespan verloor na ‘n wedstryd wat die skare tot op die laaste sekondes op die punte van hul stoele gehad het met 15-20.

Die puntemakers tydens die wedstryd was Baruch Büchling, Luke Bulford en Johan Nel wat elk een drie gedruk het.

Die Erries se spelers pluk voorwaar die vrugte van hul harde werk en oefening met goeie wedstryde en sien uit na die liga!

 

Become a Sponsor

Related Posts

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon – Hoërskool Randburg

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon. Randjie-ster skitter op die wêreldverhoog! Tydens die afgelope skoolvakansie het , ‘n vasberade leerder van Hoërskool Randburg, nie net haar skool nie, maar ook haar land met…

Laerskool Stulting Baasdag!

Unicorn roomyse, blink strikdasse en sparklers…  So het Stulting Baasdag gevier, want ons base is magical…  Baie dankie aan Mnr. Cornelius Coetzer (skoolhoof) en Mnr. John Fourie (adjunkhoof) vir die…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal