Op Saterdag 9 Maart, het Hoƫrskool Ermelo te staan gekom teen Midstream College van Olifantsfontein vir vriendskaplike wintersportwedstryde.
Die netbalspanne speel skitterend en sorg vir ān oggend gevul met pragspel van beide skole. Die uitslae lyk soos volg: o/14A verloor 11-13; o/14B wen 29-15, o/15A verloor 11-22; o/15B wen 20-8; o/16A verloor 12-15; o/16B verloor 12-14, EHS se tweedespan wen 16-5 en die Erries se eerstespan verloor na ān titaniese stryd met slegs een doel: 20-21.
Daar is goeie vordering met die netbal as dit vergelyk word met verlede jaar se uitslae en diƩ was uitstekende blootstelling ter voorbereiding vir die liga wat om die draai is.
Hoƫrskool Ermelo se hokkie het uitstekend presteer met 22 doele vir en slegs een teen EHS!
Die o/14A-span wen 7-0. Jaclyn Venter teken vier doele aan en Isabella Burgers, Nathalie Nel en SimonƩ Jacobsz elk een doel.
Die o/15A-span wen met ān telling van 2-0 en hier teken Caylin Loock en Kayla van der Meyden elk een doel aan.
EHS se o/16A-span wen 3-0. Anke de Kock, Anke Kruger en Lana Herholdt teken elk een doel vir diƩ span aan.
Die tweedespan wen met vyf doele teenoor nul. Jani Hattingh en Sunelle de Bruyn teken elk twee doele aan en TheanƩ Arnoldi een.
HoĆ«rskool Ermelo Calstar Eerstespan dogtershokkie wen 4-0 in ān wedstryd waar elke dogter bewys het dat sy haar plek in die span verdien! Yonette Fourie, SimonĆ© Ferreira, Kayla Grobler en Clariz Olivier teken die vier doele aan.
Die eerstespan seunshokkie speel gelykop met een doel vir albei spanne. Japie-Chris Groenewald teken die doel aan.
Op hulle beurt het die rugby van EHS gemengde welslae behaal:
Die o/14Aās verloor ongelukkig met 0-31.
Die o/15A-span stap as oorwinnaars van die veld met ān eindtelling van 28-5. CJ van Huyssteen, Msizi Hlophe, Tiaan Grobler en Shile Nkambule druk elk ān drie en Diederick van der Walt verdoel al vier drieĆ«.
Die o/16Aās veg hard, maar buig ongelukkig die knie teen Midstream met ān eindtelling van 14-22. Dylan Pearce en Lourens Erasmus druk elk een drie en GĆ¼nther Badenhorst verdoel beide drieĆ«.
Die o/16B-span verloor met ān telling van 0-38.
EHS se derdespan wen met 26 punte teenoor vyf. Wandile Madonsela druk twee drieƫ, terwyl Kenollo Nchela en Zuzu Mabuza elk een druk. Laasgenoemde verdoel ook drie van die drieƫ.
Die tweedespan verloor naelskraap met 12-17 as eindtelling. Sechaba Manasoe en Chad Coetzee druk elk ān drie en Robbie Brown verdoel een drie.
EHS se eerstespan verloor na ān wedstryd wat die skare tot op die laaste sekondes op die punte van hul stoele gehad het met 15-20.
Die puntemakers tydens die wedstryd was Baruch BĆ¼chling, Luke Bulford en Johan Nel wat elk een drie gedruk het.
Die Erries se spelers pluk voorwaar die vrugte van hul harde werk en oefening met goeie wedstryde en sien uit na die liga!