Op Vrydag 13 April 2018 het die graad 10 tot 12-leerders van die Erries, SuprƩme Hotelskool die Capital Hotel School in Arcadia, Pretoria besoek.
Die Erries het ān kampustoer geniet, asook ān verskeidenheid aktiwiteite in die restaurant en ook chef-vaardighede wat getoets is in die kombuis waar die leerders hulle eie middagete voorberei het.
Hierdie was ān goeie geleentheid om die Hotelskool-leerders bekend te stel aan die industrie en TersiĆŖre opleiding by die volwaardige Hotelskool.
Die leerders besoek ook Famous Brands Coffee Company waar bekende Franchises / kettingrestaurante, soos Wimpy en Mugg & Bean se koffiebone gerooster word. Na ān baie insiggewende toer deur die fabriek het ons geleer om ān behoorlike Cappuccino te maak deur hul bekende Barrista.
Die proe-afdeling waar verskillende koffiesoorte en geure bekend gestel is, was baie interessant en het vir groot pret gesorg toe die leerders die verskillende bone van Brasiliƫ, Columbia, Uganda en ander lande kon leer ken het.
Graag maak die Erries gebruik van die geleentheid om Mnr. Dries Janse van Rensburg te bedank vir sy reƫlings sodat die Erries die koffie-maatskappy kon besoek.
Foto heel bo:Ā Erries besig met hul eie versiering van kolwyntjies