Arend Fourie (Gr.8) en Zoƫ-Anne Damons (Gr.10) van Hoƫrskool Ermelo, het die naweek, van 8 tot 10 September 2017, aan die Mpumalanga Artistiese Gimnastiekproewe deelgeneem. Albei het Mpumalangakleure verwerf en gaan vanaf 5 tot 7 Oktober 2017 aan die Suid-Afrikaanse Artistiese Gimnastiek Kampioenskappe in Pretoria deelneem.
Baie geluk en sterkte met die wonderlike geleentheid wat voorlĆŖ!
Erries weet julle kan!