Gedurende April het ‘n groep leerders van Hoërskool Ermelo aan die Artisticulta-redenaars se eerste ronde deelgeneem. Hierdie is die tweede jaar wat EHS aan die redenaarskompetisie deelneem en die Erries het hulself uiters goed van hul taak gekwyt.
Al die leerders wat aan die rondte deelgeneem het, is deur na die finaal wat in Julie sal plaasvind te Laerskool Wierdapark.
Baie geluk aan die volgende leerders wat deur is: Johnke Prinsloo (Afrikaans en Engels voorbereid), Karabo Nkosi, Anke van Biljon, Lungelo Zikalala, Anja Wege, Amy Greyling, Marni Prinsloo en Cornus van den Berg vir individuele Afrikaans voorbereid, asook Zara Büchling, Marni Prinsloo, Hanné Swart en Francois du Plessis vir groep Afrikaans onvoorbereid.
Hoërskool Ermelo is besonder trots op elkeen van die leerders en wens hulle voorspoed toe vir die komende kompetisie.
Foto: Die groepredenaars in aksie tydens die Artisticulta-redenaars. Vlnr is Zara Büchling, Marni Prinsloo, Francois du Plessis en Hanné Swart