)

Erries neem deel aan Wêreldbiddag vir Vroue

Op Maandag, 8 Maart, het al die dogters en damespersoneel van Hoërskool Ermelo vergader by die skool se hoofpawiljoen ter deelname aan die Wêreldbiddag vir Vroue-program. Die amptelike biddag het reeds op Vrydag 5 Maart plaasgevind, maar Maandag het die Erries hul stemme by dié van duisende vroue regoor die wêreld gevoeg om in te tree vir 2021 se gasheerland – Vanuatu.

Vanuatu is in die Stille Oseaan tussen Fiji en Australië geleë en bestaan uit 14 eilande. Vanuatu se bevolking is slegs sowat 312 000 van wie die grootste meerderheid Christene is. Alhoewel Vanuatu spog met poskaartmooi strande, woude, fauna en flora, is armoede & werkloosheid wesenlike probleme waarmee inboorlinge daagliks te kampe het. Na afloop van ‘n bietjie agtergrondkennis oor die land, is die boodskap uit Lukas 6:46-49 gebring met die tema: ‘n Lewe gebou op ‘n vaste rots. Drie getuienisse van vroue wat in Vanuatu leef, is voorgelees waarna die Errie-dogters in kleingroepe verdeel het om te bid vir dié land en sy mense. Daar was ook ‘n pragtige uitbeelding van Vanuatu se kleurvolle vlag, smaaklike vrugte, krale en skulpe.

Terwyl die dogters en damespersoneel op die pawiljoen aan die biddag deelgeneem het, het die seuns en manspersoneel bymekaar gekom op die netbalbane. Hier is die seuns bemagting met ‘n motiveringstoespraak deur meneer Pieter Grobler.

Hoërskool Ermelo dank ons Hemelse Vader vir die voorreg om te kon deel in dié jaarlikse biddag. Mag die woorde van 1 Tess. 5:17 ons immer herinner: “Bid gedurig.”

Foto’s verskaf

Become a Sponsor
  • Related Posts

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

    Leave a Reply

    You Missed

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal