Errieraad maak tonne verskil. Die Errieraad van 2024 het ’n inisiatief geloods om plastiekproppies van koeldrank-, water- en melkbottels bymekaar te maak. Hierdie proppies word gebruik om ’n rolstoel aan ’n behoeftige persoon te skenk.
Alle verwagtinge is oortref toe die skaal stop op ’n formidabele gewig van 2,1 ton! Die proppies gaan hierdie jaar aan Die Oord Sorgsentrum vir Intellektuele Gestremdes.
Die koste van ’n standaard 18”-rolstoel is ongeveer R3500, wat ooreenstem met die insameling van 1750kg bottelproppies. Rolstoele wat aan unieke behoeftes voldoen kan tot R8000 kos.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/ https://erries.co.za
Foto verskaf
Become a Sponsor








