Errieraad 2024. Leierskapsontwikkeling is vir die Errieraad 2024 van uiterste belang, omdat dit leerders die geleentheid bied om te kan groei en ān positiewe verskil te maak in die samelewing.
Juis daarom lei HoĆ«rskool Ermelo die Errieraad op om verskeie vaardighede te ontwikkel tydens die jaarikse Errieraadskamp. Daar word onder meer beklemtoon om doeltreffend te kommunikeer en probleme kreatief op te los. Die leerders word opnuut herinner dat elke Errie uniek deur God geskape is. Almal het verskillende persoonlikhede en kulture en wanneer hulle hande vat en mekaar ondersteun, ān ontstuitbare span maak!
Vroegoggende en laataand-sessies is afgewissel met hope pret, Bybelstudie en kuiers om die kampvuur. Die kamp is afgesluit met ān eerste amptelike raadsvergadering waar skitterende voorstelle gemaak word om 2024 die beste jaar nĆ³g vir EHS te maak!
EHS eer die Here vir eenhonderd-en- tien jaarvan Errie wees. Die Erries is slaggereed om 110% te gee!
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto’s verskaf