)

Errieraad 2020 open nuwe kafeteria

Vosjan Grey en Jana Nel (Errieraad presidente) knip die lint tydens die opening van die kafeteria, 20 TWINTIG

Op Dinsdag 1 September het die Errieraad van 2020 hulle projek, die Errie kafeteria, amptelik geopen. Die kafeteria se naam is 20 TWINTIG.

Dié droom is weens Covid-19 ‘n bietjie vertraag, maar die eindproduk en die wag was vir seker die moeite werd. Die 2020 Errieraad is trots en glo dat hierdie nalatenskap waarde sal toevoeg vir elke leerling, ouer en besoeker aan Hoërskool Ermelo.

Die kafeteria sal Maandae tot Vrydae van 8:00-17:00, asook op sportdae en kultuuraande oop wees.

Besoek die kafeteria gerus vir heerlike pizzas, burgers, wafels, wraps, pastas, melkskommels, kraakvars slaaie en vele meer. Daar is ook daagliks varsgebakte lekkernye en heerlike cappuccinos.

Die binnekant van die kafeteria wat spreek van ‘n warm, tuis gevoel

Die kafeteria is geleë in die skoolsaal langs die ErrieUnie Astro en tennisbane.

Die Errieraad en hul ouers bedank alle borge van die gholfdag en veral dié betrokke by die plant-fondsinsamelingsprojek. Groot dank aan die ErrieUnie vir die borg van die houtdek.

Hoërskool Ermelo is vol dankbaarheid vir elke Errieraad-ouer vir hul insette en harde werk om die 2020-matriekgroep se droom te verwesenlik.

Die Errieraad van 2020 op die dek voor 20 TWINTIG

Mnr. Pieter Grobler het tydens die opening tereg gesê: “Ons hoop dat die kafeteria ‘n plek is waar enige iemand gesellig kan verkeer, hegte vriendskappe smee en voortbou op die visie van 2020 se matriekgroep wat berge kan versit.”

Die borge wat direk betrokke was tot die sukses van die kafeteria
2020 se EHS-gholfdag borge wat wat ook ‘n bydrae gelewer het tot die sukses van die kafeteria
Become a Sponsor
  • Related Posts

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

    Leave a Reply

    You Missed

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal