Foto vlnr:Â Inge van der Walt en Walter van der Walt
Hoërskool Ermelo se ruiters het tydens die naweek van 15 tot 18 Oktober aan die Mpumalanga Dresseer Kampioenskappe deelgeneem te Badplaas. Die Erries het uitstekend presteer en EHS se naam hoog gehou!
Inge van der Walt word aangewys as die Mpumalanga-kampioen in die 80cm ponieruiter-kampioenskapsklas.
Walter van der Walt behaal ‘n algehele eerste plek in die 1.10m kampioenskapsklas en word aangewys as Mpumalanga-kampioen. Walter word ook aangewys as Victor Ludorum in die 1.10m-klas.
Margha Greyling behaal twee eerste plekke in onderskeidelik Open Show Hunter en in 1m Jumping en ‘n tweede plek in Open Show Riding. Sy word aangewys as reserwe Mpumalanga-kampioen in beide Show Horse- en Working Hunter-klasse.
Surika Struwig behaal eerste plekke in Elementary Medium freestyle, warm-up Elementary Medium, Elementary freestyle en warm-up Elementary. Sy word aangewys as Mpumalanga-kampioen in beide Junior Elementary Medium- en Junior Elementary-klasse.
Baie geluk aan elkeen van hierdie Erries. Hoërskool Ermelo is besonder trots op julle!