)

Errie nou ‘n Blitzbok

Oud-Errie, Impi Visser, maak komende naweek (30 Nov – 1 Des) sy debuut as Blitzbok in die eerste rondte van die HSBC Sewes-wêreldreeks wat in Dubai plaas vind. Visser het in 2013 aan Hoërskool Ermelo gematrikuleer. Impi het sy liefde vir rugby vroeg in sy lewe ontdek en het op skool reeds gewys dat hy ‘n speler gaan wees waarmee rekening gehou moet word. In 2012 en 2013 was hy die Erries se eerste-span skrumskakel en word albei jare gekies vir die Puma Cravenweekspan.

Na skool het Impi sy rugbydroom nagejaag en in 2016 word hy ingesluit in die SA Rugby Sewes Akademie-span. In 2017 wen hy saam met die FNB Tuks-rugbyspan die FNB Varsitybekker, waarna hy die besluit neem om te verhuis na Stellenbosch om sy graad in Meganiese Ingenieurswese te voltooi en ook by die SA Rugby Sewes Akademie aan te sluit.

Wanneer Visser hierdie naweek sy buiging as Blitzbok maak sal hy die derde Errie wees vir wie hierdie eer beskore is. Abrie Pretorius (1995/96) en MJ Mentz (2007/11) is albei oud-Erries wat ook Suid-Afrika op ‘n nasionale vlak as sewes-spelers verteenwoordig het. Die Erries is baie trots op jou, Impi.

Sterkte met jou rugbyloopbaan verder, Impi!

Become a Sponsor

Related Posts

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon – Hoërskool Randburg

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon. Randjie-ster skitter op die wêreldverhoog! Tydens die afgelope skoolvakansie het , ‘n vasberade leerder van Hoërskool Randburg, nie net haar skool nie, maar ook haar land met…

Laerskool Stulting Baasdag!

Unicorn roomyse, blink strikdasse en sparklers…  So het Stulting Baasdag gevier, want ons base is magical…  Baie dankie aan Mnr. Cornelius Coetzer (skoolhoof) en Mnr. John Fourie (adjunkhoof) vir die…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal