Foto bo: Karmien Pretorius
Errie-hokkie het op Saterdag, 28 Augustus 2021 vriendskaplike wedstryde teen Hoërskool Secunda gespeel. Dit was dan ook die matrieks se laaste wedstryd van die jaar.
Goeie gees en spel deur albei die skole het geseëvier.
Die uitslae vir die dogterspanne was soos volg:
Die o/14A-dogterspan wen 4 – 0. Nqobile Nkosi teken twee doele aan, Wianke Cloete en Elisma Swart slaan elk een doel.
Die o/15A-dogterspan verloor 3 – 5. Mia Davel, Ziné Jacob en Melissa Olivier teken hierdie span se doele aan.
Die o/16A-span speel gelykop met Mia Davel wat albei die doele aanteken.
Die Calstar Eerstespan-dogters wen 6 – 2. Carla Ferreira teken drie doele. Kayla van der Meyden, Lana Herholdt en Danel Olivier slaan elk een doel.
Die uitslae vir die Eeste Seunsspan was soos volg:
Die eerstespan seuns speel gelykop 3 – 3. Marius Nel, Marnus Marx en Carel Jacobsz is die doelskieters.
Dit was vir die Erries lekker om vir die eerste keer in ‘n lang tyd kompeterend te kon meeding. Dit was goed om wedstryd-tyd weer op die astro-baan te kon spandeer.
Baie geluk aan die spanne wat goed presteer het.
Sterkte met alle verdere wedstryde wat gespeel gaan word.
Op Saterdag 4 September 2021 kom die Erries te staan teen HTS Middelburg in tuiswedstryde.
Foto’s verskaf
Lees meer oor Hoërskool Ermelo:
https://schoolsthatrock.co.za/category/other-provinces/mpumalanga/mpumalanga-schools/