Rikus Cilliers, graad 11-leerder van HoĆ«rskool Ermelo, is gekies om die SA Polocrosse seunspan te verteenwoordig.Ā Die SA-o/19 seuns- en meisies- Polocrosse-spanne het vanaf 12 tot 15 Julie teen Engeland se o/19-spanne meegeding in Mooirivier, Natal.
Die meisiespan het al drie toetse oortuigend gewen.Ā Die seuns se wedstryde was baie kompeterend en die Engelse seunspan wen die eerste twee toetse. Suid-Afrika se seunspan het goed teruggeveg en wen die derde toets 23-22.
Baie geluk aan Rikus vir die besondere prestasie om in diƩ span te wees. Die Erries is baie trots op jou!
Foto bo: Rikus Cilliers is derde van links af
Foto onder: Rikus Cilliers is tweede van links af