Errie Fast 5 Netbal. Die Errie Fast 5 O.15 netbalspan is onder die top 20 in Suid-Afrika. Na afloop van die Mpumalanga-kampioenskappe vir Fast 5-netbal, het die Erries se O.15 span gekwalifiseer om aan die SA-kampioenskappe in Boksburg deel te neem.
Die Erries het, oudergewoonte, die EHS met trots verteenwoordig. Die dogters se passie, uithouvermoë, optimisme en goeie gedrag op én van die baan, het gespreek van hul Errie-waardes. Soos gewoonlik het die Erries nie geskroom om strawwe kompetisie vierkant in die oë te kyk nie. Na afloop van die kompetisie kan hulle met reg breëbors wees oor hulle puik prestasies.
Die uitslae is as volg (EHS-tellings eerste):
- Hoërskool Fichardtpark 31-37
- Lichtenburg 24-26
- Hoërskool Ben Vorster 28-33
- Hoërskool Monument 27-33
In die semi-finaal seëvier die Erries met 30-14 teenoor Hoërskool Kalahari. Daarna wen hulle in die finaal met 21-20 teen Hoërskool Trio van Kroonstad.
Die Erries eindig algeheel sewentiende uit 21 spanne.
Errie Fast 5 Netball.
After the Mpumalanga Championships for Fast 5 netball, the Erries’ U/15 team qualified to compete at the SA Championships in Boksburg.
The Erries, as usual, proudly represented the EHS. The girls’ passion, endurance, optimism and good behaviour. Both on and off the track it also spoke of their Errie values. As usual, the Erries didn’t shy away from facing stiff competition squarely. After the competition, they can also rightfully be broad-breasted about their great performances.
The results are as follows (EHS scores first):
- Fichardt Park High School 31-37
- Lichtenburg High School 24-26
- Ben Vorster High School 28-33
- Monument High School 27-33.
- In the semi-final, the Erries triumphed 30-14 against Kalahari High School. They also won 21-20 against Trio High School in the final.
The Erries finished seventeenth overall out of 21 teams.
More school news: https://schoolsthatrock.co.za
Photos supplied