Ermelo seunshokkie vs Oosterland. Op Woensdag 1 September het die Erries se eerstespan seunshokkie die lente afgeskop met ‘n vriendskaplike wedstryd teen Hoërskool Oosterland.
Vroeër in 2021 het die twee spanne in ‘n ligawedstryd teen mekaar te staan gekom en die Erries het ‘n bloedneus gekry, maar dié keer het die wedstyd geëindig met ‘n gelykoptelling van twee doele vir elke span. Die Erries het bobaas-hokkie gespeel met Edrich Beyer en Carel Jacobsz wat elkeen ‘n ongelooflike doel geskiet het.
Baie dankie aan die afrigter, juffrou Charmoné Prinsloo, elke ouer, ondersteuner en veral die seuns vir deurgaanse harde werk en ondersteuning! EHS sien optimisties uit na die suksesvolle seisoen van 2022.
Lees meer oor EHS:
https://schoolsthatrock.co.za/category/other-provinces/mpumalanga/mpumalanga-schools/