Ermelo Musiekmeesters. Die talentvolle groep, Ermelo Musiekmeesters, het onlangs weer die gemeenskap vermaak met musiek uit rolprente. Die musiek is op voortreflike wyse voorgedra deur die orkes en sangers.
Al die musikante is uit die plaaslike gemeenskap. Hulle het die gehoor bekoor met treffers soos onder andere Conquest of Paradise, Can’t take my eyes off you en I will follow Him.
Die oud-Errie, Imke van Wyk, het die gehoor bekoor met haar besondere sangtalent.
Dit was voorwaar ‘n aand van Movie Magic!
Hoërskool Ermelo bedank die musieksentrum en me Marquerite Jocobsz vir die inisiatief.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za https://erries.co.za
Foto verskaf