Elements of Dance Nationals. 🎉 Hoërskool Goudveld vier ’n ster!
Op 11 Oktober 2025 het Miché Erasmus haar talent laat skitter by die Elements of Dance Nationals in die Etienne Rousseau Teater, Sasolburg. Haar Amapiano Solo het nie net harte verower nie — sy het Legend Goud verwerf! 🌟
Maar dis nie al nie… Miché was een van slegs drie dansers wat ’n beurs by Oakfields College losgeslaan het, en het daar ’n tweede plek behaal. Sy het ook 2de plek in die Hip-Hop kategorie verower — ’n dubbele triomf!
En nou? Ierland wag! Miché is gekies om volgende jaar aan die internasionale kampioenskappe deel te neem — ’n ongelooflike eer!
Ons Gouties is oorstelp van trots. Miché, jy is ’n inspirasie en ’n voorbeeld van toewyding, passie en uitnemendheid. Wat ’n merkwaardige prestasie! ✨
Lees meer skolenuus hier: https://schoolsthatrock.co.za
Foto verskaf
Become a Sponsor








