Gedurende die Maart / April vakansie het al die wintersportspanne van Hoërskool Ermelo aan verskeie toere deelgeneem. Die toere se doel was om die spanne te kondisioneer en blootstelling te gee op die veld en baan in wedstryd-formaat. Dit was uitstekende voorbereiding vir die liga-wedstryde wat binnekort afskop.
Vyf van die Erries se dogtershokkiespanne het die bekende Nedstar-hokkiekliniek in Pretoria bygewoon en baie geleer. In die oggende is gefokus op vaardighede en verskillende spelpatrone en persoonlike aandag is aan elke hokkiespan gegee. In die middae het die spanne wedstryde op die astrobane van verskeie venues gespeel. Die uitslae is soos volg:
Hoërskool Ermelo Calstar eerste hokkiespan:
EHS wen Hoërskool Hans Moore 8 – 0.
EHS wen Hoërskool Bergsig 2 – 0 (in `n wedstryd van slegs 20 minute).
EHS wen Hoërskool Piet Potgieter 5 – 0.
EHS wen Hoërskool Ben Vorster 2 – 1.
EHS verloor teen Hoërskool Garsfontein 3 – 1 en eindig tweede van die 0/18 A spanne.
Baie geluk aan Marla Oosthuizen en Simoné Ferreira wat gekies is vir die All Star-span.
EHS tweedespan: (Hierdie span speel in die o/18A-poel 3 groep)
EHS verloor 2 – 1 teen Hoërskool Oosterlig.
EHS wen 5 – 1 teen Grantleigh College.
EHS wen 3 – 0 teen Curro Nelspruit.
EHS wen 2 – 0 teen Hoërskool Oosterlig en eindig eerste in groep 3.
Baie geluk aan Jani Hattingh, Zeldine Pienaar en Meghan Houy wat gekies is vir die All Star-span.
EHS o/16A-span:
EHS verloor 2 – 0 teen Hoërskool Transvalia.
EHS verloor 2 – 0 teen Hoërskool Hans Merensky.
EHS verloor 2 – 1 teen Hoërskool Garsfontein.
EHS wen 2 – 0 teen Hoërskool Middelburg.
EHS wen 3 – 0 teen HTS Middelburg.
Hierdie span eindig vyfde uit 13 skole.
Baie geluk aan Lana Herholdt, Anke de Kock en Anke Krüger wat gekies is vir die All Star-span.
EHS o/15A-span:
EHS speel gelykop teen Hoërskool Ben Viljoen 0 – 0.
EHS wen 4 – 0 teen HTS Middelburg.
EHS wen 4 – 0 teen Hoërskool Secunda.
EHS wen 3 – 2 teen Hoërskool Witteberg.
Hierdie span is ingeskryf as ‘n o/16-span en speel in die finaal teen Garsfontein. Hul verloor 5 – 0 en eindig tweede.
EHS o/14A-span:
Hierdie span is ingeskryf as ‘n o/15-span.
EHS verloor 2 – 0 teen Kempton Park.
EHS speel gelykop 1 – 1 teen Zwartkop.
EHS verloor 5 – 1 teen Middelburg.
EHS wen 5 – 2 teen Monument.
EHS speel uit vir die vyfde of sesde plek teen Zwartkop en speel weer gelykop 1 – 1. In die agt sekonde-reël verloor hierdie jong span 4 – 2 en eindig sesde.
EHS se Eerste seunshokkiespan het ook die Nedstar-hokkiekliniek bygewoon en speel die volgende wedstryde:
Erries vs Jim Fouche (EHS verloor 0-5)
Erries vs Ben Vorster (EHS verloor 1-4)
Erries vs Merenski (EHS wen 2-1)
Erries vs Kempton Park (EHS verloor 1-2)
Erries vs Warmbad (EHS wen 2-0)
EHS se doelskieters is Charis Brundyn, André Dale Groenewald en Willie Harmse wat elk een doel geslaan het en Sphe Mnisi wat drie doele aangeteken het.
Die Erries se eerste-netbalspan het na Hoërskool Waterkloof getoer vir die gesogte Klofiefees.
Hierdie toernooi het vanjaar 149 spanne vanaf regoor Suid-Afrika ingesluit en die Erries die geleentheid gebied om hulself teen sterk kompetisie te meet. EHS het teen skole soos Hans Moore, Framesby, Merensky, Heuwelkruin, Rand Park, Pretoria Girls, Prestige College, Windhoek, Randburg, Centurion en Brandwag gespeel.
Die dogters het beslis gebaat by hierdie toernooi en sien uit na die liga wat voorlê. Vier van Hoërskool Ermelo se rugbyspanne het na Camp Discovery getoer waar hulle lang ure op die veld spandeer het.
Die o/14A-span speel teen Pretoria Noord en Rustenburg B.
Hulle wen laasgenoemde met ‘n telling van 19-15 en verloor teen Pretoria Noord met 7-24.EHS se o/15A span kom te staan teen Brits en Centurion, maar verloor albei wedstryde onderskeidelik met 12-21 en 26-33.
Die o/16A’s speel pragtig en wen albei wedstryde. Teen Rustenburg wen EHS met 27-12 en teen Hartebeespoort met 17-10.
Die eerste span speel teen Hoërskool Rustenburg en Jim Fouché Tegniese Hoërskool. EHS verloor ongelukkig albei wedstryde, maar kry wonderlike blootstelling.
Elke Errie het EHS se naam hoog gehou en Errie-Guts gewys deur die loop van die toere.
Die leerders het baie geleer en as spanne saam gegroei.
Baie dankie aan elke speler en afrigter wat die opoffering gemaak het om die toere in die vakansietyd by te woon. Die moeite wat elkeen doen, word raakgesien en waardeer.
Foto bo: Hoërskool Ermelo Calstar eerste span dogtershokkie tydens hul toer