Mnr. Willem Romijn het op Maandag 8 April weer by Hoërskool Ermelo aangesluit en EHS verwelkom dié Errie met groot opgewondenheid.
Hy was vanaf 2004-2013 onderwyser by die EHS waarna hy ‘n Adjunkhoof-pos by Nederland Park aanvaar het. Dit was destyds ‘n groot verlies vir die Erries.
Na byna ses jaar is mnr. Romijn, wat nog altyd ‘n Errie in hart en siel is, weer terug by Hoërskool Ermelo as Adjunkhoof van sport en dissipline.
“Ek is opgewonde om weer met EHS se leerders te werk, omdat Hoërskool Ermelo my na aan die hart lê. Die leerders hier is kwaliteit-leerders wat EHS uitsonder as ‘n unieke skool,” sê mnr. Romiijn met Errie-trots.
Hoërskool Ermelo sien uit om die pad saam met hom te stap en te groei. Hy is ‘n wonderlike voorbeeld wat die leerders en personeel met gemak en vertroue kan volg.
EHS wens ook vir mnr. Romijn alle voorspoed en ‘n geseënde tyd by die Erries toe. Hierdie is beslis ‘n uitstekende voorbeeld van “Eens ‘n Errie, altyd ‘n Errie!”
Foto bo: Mnr. Pieter Grobler (links) verwelkom mnr. Willem Romijn tydens Ouditoriumopening