Hoërskool Ermelo bedank graag die anonieme borg vir die skenking van die kleredrag vir verskeie tennisspanne, waarvan twee dogterspanne en vier seunspanne elk twee stelle klere ontvang het.
Die Erries is baie bevoorreg vir die aanhoudende en lojale ondersteuning van die gemeenskap wat die ontwikkeling van en liefde vir tennis hoog op prys stel. Dankie vir die bydrae van elkeen wat EHS-tennisleerders se belange op die hart dra.
Foto bo: EHS Eerste tennisspan:
(voor, vlnr): Alana Leibbrandt, Theané Arnoldi, Hanné Swart en Nicole Venter
(agter, vlnr): Rynard Herholdt, Walter Visser, Jacques Erlank en Japie Chris Groenewald

(voor, vlnr): Anja Wege, Marni Prinsloo, Clariz Olivier en Danel Olivier
(agter, vlnr): Tobie Leibbrandt, Hendrik Louwrens, Danie van Rooyen en Ruan du Toit