Hoërskool Ermelo is besonder trots op hulle skuts wat gekies is vir die Mpumalanga-skietspan.
Die gekose skuts is Herentia van Zyl, GJ Swanepoel, Dehandri Morkel, Pieter de Beer, Katelyn Potgieter en Shaylee Ferreira.
Die Suid-Afikaanse kampioenskap vind plaas vanaf 3 tot 18 September in posliga-formaat.
Baie geluk en sterkte aan elke skut!
Die Erries is besonder trots op elkeen van julle.