)

EHS se o/17 sewes rugbyspan kwalifiseer vir Noordvaal

Hoërskool Ermelo se 7’s rugbyspan het Vrydagoggend, 31 Augstus, die gasheerskool van Mpumalanga 7’s-rugby kampioenskap, Hoërskool Middelburg, in die openingswedstryd aangepak.
Die Erries was vroeg op die agtervoet en verloor met ‘n telling van 19-12. Daarna skop die Erries vas en wen hulle volgende 5 wedstryde om tot in die finaal te vorder.

Hulle wen met uitsonderlike tellings: teen Hoërskool Kanonkop 42-12, Hoërskool Hoogenhout 38-7, Hoërskool Bergvlam 50-7, en Hoërskool Oosterland 29-12 in die kwartfinaal.

In die semi-finaal verhang hulle die bordjies deur Hoërskool Middelburg te wen met ‘n telling van 19-15.

Die Erries kom in die finaal teen Middelburg Tegniese Hoërskool te staan en verloor ongelukkig hierdie wedstryd met ‘n telling van 15-7.

Met hierdie puik prestasie verower die Erries ‘n tweede plek in Mpumalanga en is bevoorreg om aan die Noordvaal uitspele, wat in Pretoria plaasvind op 14 en 15 September, te kan deelneem.

Become a Sponsor

Related Posts

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon – Hoërskool Randburg

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon. Randjie-ster skitter op die wêreldverhoog! Tydens die afgelope skoolvakansie het , ‘n vasberade leerder van Hoërskool Randburg, nie net haar skool nie, maar ook haar land met…

Laerskool Stulting Baasdag!

Unicorn roomyse, blink strikdasse en sparklers…  So het Stulting Baasdag gevier, want ons base is magical…  Baie dankie aan Mnr. Cornelius Coetzer (skoolhoof) en Mnr. John Fourie (adjunkhoof) vir die…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal