HoĆ«rskool Ermelo se 7’s rugbyspan het Vrydagoggend, 31 Augstus, die gasheerskool van Mpumalanga 7’s-rugby kampioenskap, HoĆ«rskool Middelburg, in die openingswedstryd aangepak.
Die Erries was vroeg op die agtervoet en verloor met ān telling van 19-12. Daarna skop die Erries vas en wen hulle volgende 5 wedstryde om tot in die finaal te vorder.
Hulle wen met uitsonderlike tellings: teen Hoƫrskool Kanonkop 42-12, Hoƫrskool Hoogenhout 38-7, Hoƫrskool Bergvlam 50-7, en Hoƫrskool Oosterland 29-12 in die kwartfinaal.
In die semi-finaal verhang hulle die bordjies deur HoĆ«rskool Middelburg te wen met ān telling van 19-15.
Die Erries kom in die finaal teen Middelburg Tegniese HoĆ«rskool te staan en verloor ongelukkig hierdie wedstryd met ān telling van 15-7.
Met hierdie puik prestasie verower die Erries ān tweede plek in Mpumalanga en is bevoorreg om aan die Noordvaal uitspele, wat in Pretoria plaasvind op 14 en 15 September, te kan deelneem.