Op Donderdag, 22 April, is die hermerk-uitslae van Hoƫrskool Ermelo se 2020 matriekeindeksamen bekendgemaak.
Hoƫrskool Ermelo is besonder trots op elke 2020-matriek wat met die hermerk beter uitslae verkry het.
Vosjan Grey verbeter sy gemiddeld tot 86,1% en spog nou met sewe onderskeidings. Hy het ān A-simbool vir Afrikaans Huistaal by gekry (80%). Hy behaal ook beter punte in Engels Eerste Addisionele Taal, Wiskunde en Lewenswetenskap.
Anja Wege behaal ān A-simbool vir Besigheidstudies, wat haar ān totaal gee van drie onderskeidings.
Sinethemba Shongwe en Amy Greyling kry elk een A-simbool by.
Bianca CronjĆ©, Chad Coetzee en Gawie Diedericks het elk ān simboolverandering.
HoĆ«rskool Ermelo kry na die hermerk vier A-simbole by wat die totaal nou laat op 93-Aās, asook een B-simbool en een C-simbool. Die totale is nou onderskeidelik 144 en 173.
Baie geluk aan elke leerder wat na die hermerk met beter punte spog.
EHS is dankbaar vir die uitslae en vir die seƫn wat weereens oor die Erries uitgestort is.
Foto verskaf
Become a Sponsor








