EHS Rugby. Hoërskool Ermelo se A-rugbyspanne het op 3 Junie hul semi-finale wedstryde gespeel in die Mpumalanga-uitspele, waar EHS Rugby goed gevaar het.
Die uitslae is as volg:
- Hoërskool Ermelo se eerstespan rugby: wen 16 – 11 teen HTS Witbank
- o.14A: verloor 10 – 55 teen Hoërskool Piet Retief
- o.15A: wen 10 – 7 teen HTS Witbank
- o.16A: wen 24 – 20 teen Hoërskool Piet Retief
Die o.15B-span het hul finale wedstryd gespeel in die Mpumalanga-uitspele. Hulle wen hul wedstryd met 29 – 0 teen Piet Retief. Hierdie span van EHS word gekroon as Mpumalanga-wenners vir die Groot-skole-liga.
Die finale vir die A-spanne vind plaas op Saterdag 10 Junie te Hoërskool Ermelo. Hier speel die o.15A-, o.16A- en Hoërskool Ermelo se eerstespan rugby.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto’s verskaf