EHS Rugby. Hoërskool Ermelo se rugby A-spanne het Saterdag teen Curro Nelspruit gespeel. Die B-spanne het vrienskaplike wedstryde teen Steelcrest High School van Middelburg te staan gekom.
Die A-spanne het besondere tellings behaal:
- Die o.14A-span wen 85-5
- Die o.15A’s wen 61-0
- Die Hoërskool Ermelo Eerste span wen 55-7
EHS se B-spanne van EHS ervaar gemengde welslae teen die A-spanne van Steelcrest:
- Die o.14B wen Steelcrest o.14A met 20-17
- Die o.16B’s van EHS verloor teen die o.16A’s van Steelcrest met 21-41
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto’s verskaf