)

EHS Netbal en Rugby – Spog-wedstryde teen Rob Ferreira

EHS Netbal en Rugby. EHS Netbal- en rugby spanne het Woensdag, 26 April, teen Hoërskool Rob Ferreira se spanne gespeel. Erries se spanne het goed presteer.

EHS se netbalspanne het vyf van hul agt wedstryde gewen en dié wat verloor het, eindig hul wedstryd met naelbyt-tellings.

Die uitslae is as volg:

  • o.14A-span verloor 7 – 15
  • o.14B-span verloor 5 – 7
  • o.15A-span wen 18 – 11
  • o.15B-span wen 9 – 7
  • o.16A-span wen 14- 7
  • o.16B-span verloor 9 – 11
  • Die. Tweedespan oorrompel Rob Ferreira en wen met ’n uitsonderlike telling van 24 – 0.
  • Die Hoërskool Ermelo Eerste netbalspan speel uitstekende netbal en eindig hul stryd met ’n prag-telling van 34 – 15.

Erries se rugbyspanne van EHS speel almal aanskoulike rugby en eindig met die volgende tellings:

  • o.14A-span verloor 10-24
  • o.14B-span verloor 10-30
  • o.15A-span wen 34-17
  • o.16A-span wen 36-17
  • o.16B-span wen 17-12
  • Die derdespan verloor met ’n naby telling van 5-10
  • Die tweedespan verloor met 12-22

Die Hoërskool Ermelo Eerste rugbyspan se wedstryd was ’n aanskoulike stryd. Teen halftyd is die telling 7-21 in Rob Ferreira se guns. Die Erries het egter geweier om te gaan lê en speel met vasberadenheid aanskoulike rugby. In die laaste minute teken EHS die wenpunte aan en die stryd eindig met 27-24 vir EHS.

EJ venter met die bal
Foto’s vlnr: Wiané Möller, Mariné Jacobsz
Carel Jacobsz besig om te skop

Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za

https://erries.co.za

Foto’s verskaf

Become a Sponsor

Related Posts

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal