Op Woensdag, 17 Oktober, het die graad 11-Landboubestuur-leerders van Hoërskool Ermelo, hul finale praktiese evaluering gehad by Me. Denise Cook op die plaas Bloemfontein.
Die leerders is geëvalueer op sekere aspekte met betrekking tot die diere, onder andere hantering, klassifisering, dosering, inenting, kastrering en om sterte af te sit.
Na hierdie praktiese geleentheid is die leerders na Morné en Michelle Engelbrecht. Hier het Michelle die leerders deur die konynboerdery geneem en al die aspekte van intensiewe konynboerdery in detail verduidelik.
Laastens het die groep leerders ‘n staproete deur die klowe op die plaas geneem en ‘n natuurlike brug besoek.
Die leerders het die jaar afgesluit met ‘n gesellige braai en samesyn.
Baie dankie aan Morné en Michelle Engelbrecht vir die gasvryheis en deel van inligting aan die leerders.
Become a Sponsor












