Op Maandag 10 September het die Errie-Unie ‘n rekenaar aan die Kunsdepartement van Hoërskool Ermelo oorhandig. Die Erries kan nou hierdie hulpbron ook gebruik om nog meer te floreer in die kunswêreld.
Tydens die Towerfluit opvoering het plaaslike kunsternaars kwaliteit kunswerke vir die skool geskenk om fondse in te samel. Dankie aan die Errie-Unie wat hierdie belegging vir die kunsklas moontlik gemaak het, asook die kunsternaars betrokke: Drini Jacob, Sarita Kock en Soekie Human.
Die Erries waardeer dit opreg!
Foto bo: (Voor, vlnr): Dané Thirion, Phumelele Malinga, Yonette Fourie.
(Middel, vlnr): Michaela Erasmus, Zara Büchling, Siyabonga Mafokwane.
(Agter, vlnr): Me. Carin van der Merwe en Reinhardt Vorster
Become a Sponsor









