)

EHS-Kalistokamp – Erries woon ’n Kamp vir die boeke by

EHS-Kalistokamp. Sewe Erries het weer die jaarlikse Kalistokamp bygewoon te Kwasinungu Adventures. Die kamp het vanaf Vrydag 24 Junie tot Maandag 27 Junie geduur. Na ‘n leemte van twee jaar, waartydens daar nie gekamp kon word vanweë die Covid 19-pandemie nie, was die kamp ‘n welkome geestelike lafenis.

Die kamp is afgeskop met ‘n paar prettige ysbrekers gevolg deur ‘n heerlike lofprysingsessie. Daarna het ‘n nagmars gevolg en laataand-koffie. Saterdagoggend het pastoor ZD en Lizd Büchling asook juf. Zara Büchling by die kamp aangesluit. Die leerders het ‘n geestelike bordspel geniet. Dit is gevolg deur twee sessies wat onderskeidelik deur Lizd en Zara Büchling hanteer is. Pastoor ZD het die aand afgesluit met ‘n in-diepte Bybelstudie oor Joh. 5:1-17. Mnr. Hendry Lombard, eienaar en fasiliteerder, het Saterdagaand ook gesorg vir groot pret met ‘n paar oulike slimdink-speletjies.

Die boek Ester

Sondag het die leerders deur die boek Ester gewerk. In die namiddag het hulle gaan bergklim tot by die pragtige waterval op die plaas.  Met hul terugkoms by die kampterrein is daar ‘n paar hindernisbaan-items gedoen. Daarna is die aand afgesluit met die film ‘One Night with the King’. Dit is gebaseer op die boek Ester.

Die flukse sewetal het Maandag die Berg Majuba gaan aandurf alvorens daar teruggekeer is huis-toe. Alhoewel die Erries behoorlik gebibber het van die koue tydens die kamp, eer hulle die Here vir die voorreg om in sy mooi natuur te kon gaan kamp. Hulle is ook dankbaar om dieper in die Woord te kon gaan delf. Hulle sien uit daarna om weer ‘n jaarlikse instelling van die Kalistokamp te maak. Sodoende kan elke Errie ‘n lewende, aktiewe getuie kan wees in Gods koninkryk!

Soli Deo Gloria!

Die Erries het baie tyd intiem spandeer met God se woord. Hier is Franco Gibbens besig met sy persoonlike stilte tyd
Abigail Venter (links) en Carla Bronkhorst (regs) tydens ‘n hindernis-aktiwiteit.

Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za

https://erries.co.za

Foto’s verskaf

Become a Sponsor

Related Posts

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal