Op Woensdag, 12 Mei, het EHS deelgeneem aan die eerste skou wat aangebied is deur Mpumalanga Jeugskou. Die jeugskouleerders is opgewonde om weer te kan skou en hulle talente en vermoë ten toon te stel.
Die skou het in Balfour plaasgevind en dertien van EHS se leerders het met hul diere gaan spog. Die skou is afgeskop met ‘n toets waar leerders se kennis oor hul onderskeie diere getoets is. Daarna is hul vaardighede om hulle diere te was en voor te berei op die proef gestel. Die skou het afgesluit met die skouman-afdeling. Hier kry leerders die geleentheid om hul diere te vertoon en te wys hoe goed hulle die diere kan hanteer.
Baie geluk aan elke leerder wat presteer het en plekke verower het. Die volgende leerders behaal elkeen ‘n eerste plek: Monique Ferreira in die senior konynafdeling, Martoinette Rautenbach in die senior wolskaapafdeling, LJ Buys in die senior pluimvee-afdeling en Aaisah Adams in die junior pluimvee-afdeling. Arnaud Champaud behaal ‘n tweede plek in die senior pluimvee-afdeling. Qiniso Madonsela, Shaylee Ferreira en Anele Mzinyane behaal elkeen ‘n derde plek in onderskeidelik die senior pluimvee-, senior wolskaap- en senior konynafdelings.
EHS is besonder trots op elkeen wat presteer, maar ook deelgeneem het.
Foto’s verskaf